top of page
Capture4.PNG

KOOR

Hoërskool Erasmus se koor het in 2021 weer op die been gekom nadat Covid almal se planne in die wiele gery het. Ons koor is baie dinamies en het in 2021 ons eie koorfees gereël, waar ons weer vir die eerste keer kon optree. Die optrede saam met Hoërskool Generaal Hertzog, asook Laerskool Du Preez van Wyk se kore was ‘n reuse sukses.

Die koor het stadig maar seker weer gegroei en in 2022 het die aantal koorlede verdubbel vanaf die vorige jaar. Die koor was genooi na HTS Middelburg se koor optrede waar die fondse van die aand geskenk is aan die Manna-organisasie. Ons koor het ook by Hoërskool Generaal Hertzog se koorfees opgetree. 

Ons sien uit daarna om die res van die liedjies, waaraan die koor so hard gewerk het, ook later die jaar te hoor by ons skool. Audisies word aan die begin van die jaar gehou, waarna die lede dan geplaas word volgens hulle stem groepe. Oefeninge is slegs een keer ‘n week. 

Kom audisie gerus vir die koor en word deel van ons koor familie!

IMG-20220519-WA0045.jpg

AFRIGTERS

bottom of page