top of page

REËLS &
GEDRAGSKODE

Hoërskool Erasmus is nie net ʼn skool nie, maar ʼn gemeenskap waar ons leerders vir mekaar omgee.  Die skool streef daarna om ons jongmense akademies toe te rus, emosioneel en sosiaal voor te berei vir die buitewêreld en al sy uitdagings.

​

Hierdie proses word ondersteun deur die skoolreëls en dissiplinêre stelsel wat die welsyn van ons leerders en die orde in die skool ten doel het.  Ons onderwysers is verbind tot die opvoeding van ons leerders in die geheel.  Die primêre doel van die gedragskode is nie op straf gerig nie maar wel op die positiewe tugtiging en ondersteuning van ons leerders wat deur hul optrede of gedrag van die voorgeskrewe norm afwyk.

 

Hoërskool Erasmus en die gemeenskap verwag dat ons leerders netjies, stiptelik, getrou, eerlik, goedgemanierd en beleefd sal wees.  Die skool se visie is uitnemendheid en ons sal voortgaan om ons leerders met trots op te lei en voor te berei vir hul toekoms.

​

Die Beheerliggaam is wetlik verplig om ʼn gedragskode vir die skool op te stel en hierdie gedragskode is vir die beskerming van ons leerders, ouers en onderwysers opgestel en aanvaar.  Die gedragskode is onderhewig aan die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet Nr 108 van 1996), die SA Skolewet (Wet Nr 84 van 1996), die Wet op Skoolonderwys (Wet Nr 6 van 1995) vir die Provinsie Gauteng en Regulasies daarkragtens uitgevaardig.

​

Hierdie reëls en organisatoriese aangeleenthede beoog die goeie orde en ‘n gees van welwillendheid in ons skool. Selfdissipline is ‘n teken van ‘n welopgevoede persoon. Mag dit ‘n saak van eer vir elke leerling wees om sy of haar deel hiertoe by te dra.

​

Hierdie inligting is in die leerders se skooldagboek uiteengesit en moet deur ouers en leerders onderteken word.

​

 

 

Kliek die link hier onder om die Reels & Gedragskode af te laai

Afrikaans

Engels

Untitled-1.jpg
bottom of page