top of page

WELKOM BY
HOËRSKOOL ERASMUS

iconwebsitebigger.png

Volg ons op Sosiale Media 

#rassieshetwoema op Facebook

Langs OOR Rassies.jpg

OOR RASSIES

Hoërskool Erasmus is geleë in die plattelandse dorpie Bronkhorstspruit, knus langs die N4-hoofweg, op pad van Pretoria na Emalahleni. Ons spog met ‘n pragtige uitgebreide terrein. Op sportgebied is ons ‘n medium skool waarmee rekening gehou moet word en op die gebied van akademie kan die res van die skole in die distrik ook nie by ons kers vashou nie. By Rassies voel leerders welkom en dat hulle ‘n verskil maak want ons is klein genoeg om om te gee, maar groot genoeg om te presteer!

 RASSIES SE GESKIEDENIS

Erasmus Junior Hoërskool begin as ‘n aparte skool van die eerstydse Erasmusskool op 22 Januarie 1948.  Die nuwe skool open met 345 leerders, waarvan 32 matriek en Dr Jac Kotzé as die Hoof.  Daar is 15 personeel waarvan slegs een ‘n dame is.

 

Daar was 165 koshuismeises en 128 koshuisseuns, bykans al die leerlinge van die skool was koshuisinwoners.

​

80 grootblaarpopulljierbome is aangeplant tydens die amptelike opening van die skoolgebou op 25 September 1948.

 

Die skoollied wat ons nogsteeds vandag sing, is deur A.T Raubenheimer, ‘n onderwyser, geskryf.  Ds G.J. Retief het die aanvanklike skoollied getoonset en Prof Rod Gailland het dit finaal getoonset.  A.G Roodt, ook ‘n onderwyser, het die leuse van ons skool geskryf wat lees, “Streef en stry”.

 

Mnr Raubenheimer het ook die skoolwapen ontwerp.   Die brug in ons wapen verteenwoordig die brug oor die  Bronkhorstspruitrivier, die kerk op die wapen verteenwoordig die Nederduitse Hervormde Kerk wat nou verbind was met die skool – daarom is sy kerktoring op die wapen en die gewere verwys na die slag van Bronkhorstspruit wat gebeur het op 20 Desember 1880, tydens die eerste Vryheidsoorlog.

 

Die huisstelsel, Oranje, Blanje (Wit), Blou was ingestel vir die huissport.  In 1984 word dit verander om by die skoolkleure te pas, naamlik Groen, Wit en Blou, wat ons vandag nog gebruik.  Tydens hierdie huissport is die wenner vereer met Die Mes-Beker.

 

Wanneer leerlinge moes deelneem aan die jaarlikse interhoër atletiek moes hulle reis per trein na Pretoria.

 

Daar is sekere vakke in Engels onderrig oorspronklik en ons het gevorder tot vandag waar ons ‘n parallel-medium skool is.

 

In die vroeë jare van ons skool het die kinderverlamingsepidemie (Polio) die skool getref en die 1ste kwartaal moes verleng word.  Ons het dieselfde situasie beleef in 2020 en 2021 met die COVID-19 epidemie.

Geskiednis
bottom of page